click for englishclick for afrikaans
 
 

Die restaurant, in ’n ou plaasskuur wat van leiklip gebou is, sorg vir ’n lekker ontspanne plattelandse eetervaring. Die spyskaart is eenvoudig en verander volgens die seisoene, maar selfs vir fynproewers is daar altyd iets wat die mond laat water. Die Swartland is vinnig besig om bekend te raak vir sy olywe en wyne, en waar moontlik, gebruik ons plaaslike produkte: doeksagte lams- en beesvleis, suiwelprodukte en pluimvee, kruie, vrugte en plaasvars groente.
Omdat ons slegs 20 gaste op ’n slag bedien, is dit noodsaaklik om te bespreek.

Klik asseblief hier vir ons huidige spyskaart.

Klik asseblief hier vir ons huidige ontbyt spyskaart.

 

Die Cornberg Café bied ontbyt, kroegetes en ’n à la carte-spyskaart saans.
Oop van Woensdae tot Sondae vir ontbyt, middagete en aandete.
Maandae en Dinsdae per afspraak (slegs vir groepe van 6 of meer).
Vir besprekings bel asseblief
022 423 8386.

 
korinberg pictures

Tuis : : Sky-huisie : : Lime-huisie : : Plum-huisie : : Amber-huisie : : Cornberg Café : : Bespreek

Kopiereg © Cornberg Cottages : : Ontwerp deur 321Design.co.za