View of koringberg click for englishclick for afrikaans
 
 

Ons gerieflike selfsorghuisies, geleë in die rustige dorpie KORINGBERG in die hartjie van die SWARTLAND, is skaars ’n uur se ry van KAAPSTAD af. Kom bly rustig en heerlik privaat, en sit aan vir iets te ete en drinke in die restaurant-en-kroeg.

Daar is vier goed toegeruste selfsorgeenhede om van te kies: Een aangrensend tot die ou skuur se binnehof; twee in die plaashuis, met twee slaapkamers elk; en ’n fraai tuinwoonstel. Dik leiklipmure, binnenshuise hortjies en hoë plafonne met waaiers sorg dat gaste in die somermaande koel bly, terwyl ’n mens in die wintermaande ’n heerlike kaggelvuurtjie kan pak. Die dekor is kleurryk en elegant, en die linne van net die beste gehalte. Wanneer gaste aankom, is koffie, verskillende teesoorte en ander snoepgoed beskikbaar.

 

Doendinge is ook volop: Saal ’n perd op, gaan op ’n staptog of ry fiets in die unieke Renosterveld, geniet ’n sonsondergangvaart of watersportaktiwiteite by die Misverstanddam, vlieghengel in die Bergrivier, waag jou hand aan kleiduifskiet of gaan ry rond in die SWARTLAND: Daar’s die Swartlandse Wyn-en-olyfroete, ’n paar natuurreservate en plekke van geskiedkundige waarde wat ’n besoek werd is. Maar die lekkerste ding op Koringberg is om net laag te lê en niks te doen nie. Geniet die rus en vrede. Salig!

Bed-en-ontbyt R225 tot R245 p.p.
(enkeltarief op aanvraag)
Selfsorg R350 tot R600 per eenheid

Vir meer inligting oor Koringberg gaan na www.moorreesburg.com of www.koringbergtourism.co.za

 

Hoofstraat, Koringberg 7312

Vir verdere navrae of om te bespreek:
E-pos
info@cornberg.co.za
Tel
022 423 8386
Faks
086 657 8251
Selfoon
072 256 8151

 
korinberg pictures

Tuis : : Sky-huisie : : Lime-huisie : : Plum-huisie : : Amber-huisie : : Cornberg Café : : Bespreek

Kopiereg © Cornberg Cottages : : Ontwerp deur 321Design.co.za